Pschent

S5
 
S6
Pschent
in hiërogliewe
’n Farao met ’n Pschent.

Die Pschent (Antieke Grieks: ψχεντ) was die naam van die dubbele kroon van Antieke Egipte. Die Egiptenare het dit gewoonlik die sechemti (sḫm.tỉ), die "Twee Magtiges", genoem.[1] Dit was ’n kombinasie van die rooi Desjret-kroon van Benede-Egipte en die wit Hedjet-kroon van Bo-Egipte.

Die Pschent was verteenwoordigend van die farao se mag oor die hele verenigde Egipte.[2] Dit het twee dieresimbole bevat: die kobra, bekend as die oeraeoes, wat die Benede-Egiptiese godin Wadjet verteenwoordig het, en ’n aasvoël as verteenwoordiger van die Bo-Egiptiese godin Nechbet. Hulle is aan die voorkant van die Pschent vasgemaak en is die "Twee Dames" genoem.

  1. Griffith, Francis Llewellyn, A Collection of Hieroglyphs: A Contribution to the History of Egyptian Writing, the Egypt Exploration Fund 1898, p.56
  2. Dunand, Françoise; Christiane Zivie-Coche, Gods and Men in Egypt: 3000 BCE to 395 CE, Cornell University Press 2004, pp.32f.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search